Boshof se slagvee steeds van hoë gehalte
"Sonder borge kan 'n mens niks doen
nie." So het Danie de Kock,
sameroeper van die slagvee-afdeling van Boshof se Rooivleis Expo, gesê toe hy
die donateurs bedank het. Hy het
ook die produsente wat deelneem aan die kompetisie bedank vir die hoë gehalte
vee wat hulle inskryf. Mnr Dirk
Zandberg, beoordelaar van Samic het gesê dat die aanbieding vanjaar besonder
goed is; die een so goed soos die ander en dat die gehalte oor die afgelope agt
jaar wat hy op Boshof beoordeel, elke
jaar verbeter.
Broer de Waal wat verlede jaar die kampioen
enkelkarkas sowel as die kampioen groep ingeskryf het, is geluk gewens met sy
enkelkarkas wat toe die vyfde plek in die land behaal het.
Die uitslae hierdie jaar (op die hoef
beoordeel) is:
Die kampioen en reserwe kampioen enkel
slagkalf is deur Glen Voerkrale en die derde plek deur Broer de Waal ingeskryf.
Glen Voerkrale het ook die kampioen sowel as
reserwe kampioen groep slagkalwers ingeskryf en Broer de Waal se groep het die
derde plek behaal.
In die karkaskompetisie is die kampioen
sowel as die reserwe kampioen enkelkarkas deur Glen Voerkrale ingeskryf en die
derde plek het gegaan aan 'n karkas van Willem Pretorius.
So ook het die kampioen en reserwe kampioen
groepe aan Glen Voerkrale en die derde aan Willem Pretorius behoort.
Foto's: Willie Weich
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |