Mariėtte wen
Fauresmith Uithourit 2012
Boshof Magersfontein Uithouritklub-lede behaal groot
welslae
Mariėtte
Visser en haar perd, Ramon Amarula het hierdie jaar die standaardgewig-afdeling
van die jaarlikse Fauresmith perde-uithourit gewen.
Mariėtte
is die dogter van Abrie en Elsa du Plessis,
eienaars van die Ramon stalle en Amarula, 'n Arabiermerrie,
kom natuurlik uit hierdie stalle. Dit
was Mariėtte se vierde deelname aan hierdie uithourit en Amarula se eerste.
Alhoewel
Mariėtte en haar man, BW op die plaas Spioenheuvel in die Warrentondistrik
woon, is hulle lede van die Boshof Uithouritklub.
Hierdie
jaar het 389 perde op die eerste dag van die taai uithourit oor 201 km
weggespring, maar teen die derde dag was daar slegs 256 wat hierdie rit voltooi
het. Sommige perde kon nie
die veearts-inspeksies slaag nie en ander is vrywillig deur ruiters onttrek.
Benewens
hierdie prestasie, het Mariėtte en Amarula ook die volgende toekennings
ontvang:
o
Nuweling
perd met die vinnigste tyd;
o
Ongeregistreerde
perd met vinnigste tyd;
o
Algehele
wenner op voorgee;
o
Ruiter
wat op Fauresmith Springbokkleure verwerf het in die vinnigste spoed bo die
vereiste spoed in die verskillende gewigklasse;
o
Bes-voorbereide
perd; en
o
Twee-ster
erekleure vir die eerste plek.
Boshof
Magersfontein Uithouritklub en Boshof is baie trots op hierdie prestasie en ook
op die prestasie van die ander klublede wat ook groot welslae behaal het.
Henco
du Toit en sy perd Hectoria Dakouta is gekies om die Vrystaatspan in die
Swaargewig-afdeling te verteenwoordig, en het die rit suksesvol voltooi. Hulle
span het ook die algehele derde plek, bronsmedalje, in die spankompetisie
behaal.
Christiaan
Engelbrecht en sy perd Simone, is gekies vir die ERASA Ontwikkelingspan in die
Junior afdeling en hy het ook die rit suksesvol voltooi. Hy het 'n 17de plek in
die Junior afdeling behaal en die ERASA ontwikkelingspan is aangewys as die
algehele wenners, goue medaljes, in die Junior-afdeling se spankompetisie.
Lean Hayes en sy perd Rose, het ook hulle eerste
Fauresmith aangepak, en suksesvol voltooi. Lean het ook die trofee ontvang vir
die die ruiter wat die meeste plesier aan die veearts-paneel verskaf het.
Janice
Snyman en haar perd, Jamani, word gekies vir die Vrystaatspan se
Liggewig-afdeling en behaal 'n 10de plek in dié afdeling.
Danco Engelbrecht met Patyo ry ook uitstekend en behaal 'n 11de plek in die Junior-afdeling. Simoné Swart met Expose, het ook die rit suksesvol voltooi.
![]() |
![]() Mariėtte Visser en Amarula Ramon |
![]() Christiaan Engelbrecht op Simone en regs is Henco du Toit en Hectoria Dakouta |
![]() |