Boshof-Wes
vir die derde agtereenvolgende jaar aangewys as Boerevereniging van die jaar!
Met
Agri Boshof se jaarafsluitingsete Woensdagaand, het Boshof-Wes weer met die
louere weggestap as Boerevereniging van die Jaar.
Boshof-Suid was weer tweede en De Hoop derde. Willie Weich, Voorsitter van Agri Boshof het die trofee aan
Mariėtte de Villiers, sekretaresse van Boshof-Wes oorhandig.
Hy het ook 'n geskenk aan Susan Steenkamp oorhandig as blyk van
waardering vir haar dienste met die nasien van die boeke, en 'n oorkonde aan
Andrie de Kock uit erkenning vir die uitmuntende diens aan die landbougemeenskap
gelewer in verskeie hoedanighede oor die afgelope 35 jaar.
Hy
het ook alle lede van Agri Boshof bedank vir hulle samewerking en ook vir die
gesamentlike geleenthede wat hulle gedurende die jaar aangebied het en almal
geloof vir die sukses van al hierdie funksies.
Verder het hy alle lede bedank vir die ondersteuning van die veeveilings,
asook die lede wat hulle werkers na die plaaswerkersinligtingsdae bring.
Hy
het vir Heleen van Suidwes Landbou bedank vir haar harde werk en bydrae tot die
inligtingsdag en ook die RPO in die Vrystaat vir hulle bydraes.