Gerhard
Henning
'n Inligtingsdag is op 28 Maart vir Boshof Wes Boerevereniging op die plaas Koba van Gerrie van Niekerk deur GWK/LandMark Kimberley aangebied.
Kallie
van Romburg van Afrivet/Swavet het oor voedings van diere asook behandelings
teen parasiete gepraat en Lubbe Jacobs van Lubern Voere het die tegniese
agtergrond van voere en die belangrikheid daarvan behandel.
Daar
was ook 'n bespreking rondom GWK se kredietfasiliteite, asook die agtergrond van
wat GWK alles vir sy aandeelhouers doen om waarde tot hul boerderypraktyke toe
te voeg.
Die hoogtepunt was die post-mortem wat op 'n skaap gedoen is deur Dr Hanre Bredenkamp van Afrivet. Dit het gelyk of die skaap geteel is vir 'n post-mortem omrede daar baie vergroeisels in die ingewande gevind is, asook verskeie parasiete.
Hier
kan die skaap gesien word van lewend tot "post-mortem":