Agri
Boshof het in Oktober weer 'n geslaagde inligtingsdag vir plaaswerkers en
nuweling boere aangebied.
Die
doel van hierdie dae is hoofsaaklik om deur middel van die opleiding en
ontwikkeling van nuwe boere en plaaswerkers, 'n bydrae te lewer om die
volhoubaarheid van landbou in die land te verseker.
Hierdie was die agste agtereenvolgende jaar dat Agri Boshof dit aangebied het. Dit het begin as 'n opleidingsdag vir plaaswerkers, maar het gou uitgebrei om opkomende boere wat reeds plase deur middel van grondhervorming gekry het, asook die beginnerboere wat op Boshof-meentgronde boer, in te sluit.
Die onderwerpe wat behandel word, is prakties van aard, sodat dit op 'n plaas toegepas kan word en wissel jaarliks. Hierdie keer was dit:
Die
ekonomie van 'n boerdery – geborg deur GWK;
Die voorbereiding en hantering van slagvee (van plaas tot abattoir) – geborg deur Boshof Abattoir
Bodembeskerming
(oorbeweiding en drakrag, ongewenste en indringer plante, gronderosie, ens)
– Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
Die dag is afgesluit met 'n gesellige middagete.
![]() |
![]() |
![]() Michiel de Kock met sy werkers, David Mogwerana, Edward Booysens en George Rathebe |
![]() Gert van Niekerk is hier saam met sy werkers, Hendri Pringle, Callie Brits, Gert, Johannes Lose, Jordaan Pringle en Joseph Lodge |
![]() ![]() Links is Ilze Groenewald van Boshof Abattoir aan die woord en regs oorhandig Annalie Coleman van Farmers Weekly 'n prys aan 'n gelukkige wenner in die prystrekking |
![]() ![]()
|
![]() ![]() |