Die Oud-Rooidakkersvergadering is Saterdagmiddag in die skoolsaal gehou
Die vergadering is deur Mnr Francois Koekemoer wat die laaste skoolhoof van Rooidakskool was (1989 – 1997), geopen. Die hoofspreker was Mev Agatha Steyn skoolhoof van Hoërskool Boshof.
Spesiale gaste was Mev Helene
Wessels (le Roux) van Steynsrust wat tans die oudste oud-Rooidakker is (1936) en
Louise Smuts van den Berg van Virginia, die kleindogter van Wyle Mnr Smuts (Oom
Smutsie) wat die Rooidak skoollied getoonset het. Sy het die gehoor
teruggeneem na 1929 toe die matriekklas van daardie jaar aan CJ Langenhoven
geskryf en gevra het dat hy vir hulle 'n skoollied skryf. Die brief is
onderteken deur almal in die klas en onder hulle was ene Engela. Hy stuur toe
die skoollied soos deur hom geskryf terug met sy brief gerig aan "Liewe
Engela en klasmaats", beïndruk deur "Engela" omdat sy enigste
kind se naam ook Engela was. Op Langenhoven se aanbeveling is Victor
Potgieter van Zastron gevra om dit te toonset, maar die wysie was nie
aanvaarbaar nie, want dit was moeilik om die lied te sing en dis daar waar Oom
Smutsie wat onder andere musiek- en sang onderrig het, toe besluit het om die
lied te herkomponeer en die resultaat was die skoollied soos dit vandag nog
gesing word. Hierop is die skoollied toe pragtig deur die teenwoordiges
met begeleiding deur Pieter du Plessis, gesing.
Louise het ook waardevolle items van haar oupa aan André Bartleman, voorsitter van Boshof Bewaringskomitee, oorhandig, onder andere afdrukke van sketse deur haar oupa (hy het met 'n vulpen geskets), musiek wat hy gekomponeer het, twee vulpenne en wat baie besonders is, 'n oorspronklike spyskaart van die 1935 matriekafskeid wat hy met die hand geskryf en aalwyntonele op die voorblad geskets het. Daar was nie afskrifte gemaak nie, maar hy het elkeen individueel geskryf en geskets.
Foto's tydens die vergadering geneem
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |