Wisteria Gastehuis |
Kontak
Tel: 083 482
5466
E-pos:
lvzpieters@gmail.com of
wisteriaguesthouse@gmail.com
(indien u 'click' op die adres, sal 'n 'za' voor die nommer verskyn - haal dit uit)
Faks: 086 600 8983
Fonteinstraat
Boshof
Wisteria Gastehuis se gaste kan bekostigbare akkommodasie in 'n statige Edwardiaanse huis wat tot sy eertydse glorie opgeknap is, geniet.
Die gebou het 'n ryk geskiedenis wat in die dorp se erfenis verweef is, en het onder andere gedurende die Anglo Boere-oorlog as 'n hospitaal gedien, was 'n bymekaarkomplek van die CJV (Christelike Jongeliede Vereniging) en was selfs 'n kraaminrigting.
Ons het sewe slaapkamers, 'n eetkamer, sitkamer en 'n statige stoep waar besoekers kan ontspan en die rustige atmosfeer kan geniet.
Akkommodasie sluit ontbyt sowel as koffie/tee in alle kamers in.
Suite
Hierdie klein private toevlugsoord
binne die huis het 'n private
ingang en stoep en bestaan uit 'n slaapkamer met koningin grootte
bed, badkamer sowel as sy eie private sitkamer.
Toegang tot kommunale kombuis.
Hierdie ruim kamers het almal koningin grootte beddens en 'n badkamer met 'n stort.
Alle luukse kamers het privaat ingange en toegang tot die kommunale kombuis.
Standaardkamers
Alle standaardkamers het toegang tot die kommunale kombuis,
koffie en tee in die kamer, TV en private ingange.
Hulle deel 'n kommunale badkamer.
¶ Veilige parkering
¶ Ten volle toegeruste kombuis
¶ Was en stryk geriewe beskikbaar
¶ Braaifasiliteite beskikbaar
¶ Basiese spyskaart vir aandetes beskikbaar
¶ TV - SABC 1, 2, 3, E-TV en Mnet in alle kamers.
[Add this page to the Navigation view to display hyperlinks here]