Abrie
was deel van die simboliese Groot Trek
Op
10 Desember 2013 het die simboliese Groot Trek vanaf Wasbank, waar die
Voortrekkers die eerste keer in volle teenwoordigheid die Gelofte afgelê het,
begin en Abrie du Plessis het dit meegemaak en deel sy ervaring met ons
Sien
is glo! Die ervaring lê vars in my
geheue, 16 Desember 2013, die 175 gedenkjaar van Bloedrivier.
Soos vir die prediker om Jerusalem te besoek, was dit vir my om die
simboliese trek mee te maak.
Met
dank aan my opvoeders en met Kabous se ondersteuning kan ek feitelik my van 'n
waardevolle stukkie geskiedenies vergewis.
Maandag, 9 Desember 2013, 05:00, en moeder help my om 'n ietwat onwillige Kabous in die horsebox te laai. Nietemin was ons betyds vir die onthulling van die klipstapel by Wasbank waar die Gelofte aan-vanklik vir die eerste keer afgelê is.
Met
Barrie Burger, 1 300 km vanaf Upington na Bloedrivier te perd, Saartjie (Sarina)
van Bergen wat Donderdag by ons perde-kommando aangesluit het en Poena Ludick
uit die kinderhuis van Kimberley was my vriendekring volmaak.
Dit
was nogal lekker om te weet dat twee van die drie Vrystaat ondersteuners van
Boshof af kom. Dit was ook lekker
om te sien hoe, veral die jeug, die Gelofte ondersteun.
Bietjie sleg om die oudste te wees, maar dalk veel om oor dankbaar te
wees.
Laat
mens wonder, wat is belangriker? Die
verlede, hede of toekoms? Dink tog,
daar is vir elke volk en sy ondersteuners iets wat aan homself behoort.
Wonder soms oor vergewe, vergeet en versoening?
Dankie tog vir 'n prediker wat ons die weg kom wys.
![]() |
||
![]() |