Die 10de jaarlikse inligtingsdag vir plaaswerkers,
meent- en nuwelinglandbouers is onlangs deur Agri Boshof aangebied.
Die hoofborg was Suidwes Landbou Boshof-tak, terwyl die RPO in die
Vrystaat ook waardevolle bydraes gelewer het.
Hierdie inligtingsdag het in 2005 begin as 'n opleidingsdag vir
plaaswerkers, maar het mettertyd uitgebrei om
nuwelingboere wat op plase gevestig is, asook meentboere in te sluit.
Verskillende aspekte van boerdery wat prakties op die plaas toegepas kan
word, is weer behandel.
Herman
Naude van Batlotsuwa Marketing in Kroonstad
het die verskillende spesies van indringerplante met behulp van 'n
piktogram (om aan te dui hoe lyk die plante), asook metodes waarop hierdie
plante uitgeroei kan word en die voorsorgmaatreëls wat daarvoor getref moet
word, bespreek. Hy het ook verduidelik hoe etikette op onkruidmiddels gelees
moet word sodat die regte hoeveelheid en mengsels daarvan gebruik word.
Piet Mooi van Antrovet wat die brandmerk, tatoeëring,
inenting en doseer van diere toegelig het, het gesę dat alle eienaars van vee,
verplig is om hul kleinvee te tatoeër en grootvee te brandmerk en daarvoor moet
hulle 'n merk registreer. Die doel
hiervan is vir die positiewe identifikasie van vee en veral om diefstal te
bekamp, want diewe steel eerder vee wat nie gemerk is nie.
Dit help weinig of niks om 'n saak van diefstal van vee by die Polisie
aan te gee indien daardie vee nie
gemerk is nie.
Hy het ook inligting oor verskillende veemedisyne,
asook die tye van toediening gegee. Verskillende
instrumente wat gebruik kan word by die inenting, dosseer en tatoeëring van vee
is ook uitgestal en hy het gedemonstreer hoe van die instrumente gebruik moet
word. Die gebruik van 'n
immobiliseerder by 'n koei wat Louw Kruger spesiaal daarvoor van die plaas af
gebring het, het baie belangstelling gelok.
Nic Zaayman, vise-voorsitter van die
Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat het die realiteite van
veeboerdery bespreek. "Boerdery
is nie maklik nie, jy moet mooi beplan,
het hy gesę en die verskillende faktore wat winsgewendheid bepaal,
uitgelig en goeie raad gegee.
Zander Coetzer van Agrinet het die praktiese hantering
van brandspuite bespreek en gedemonstreer.
Te
oordeel aan die belangstelling en vrae wat uit die gehoor gekom het, was hierdie
'n suksesvolle geleentheid.
Hierdie foto: Alani Janeke van Vrystaat Landbou
Willie Weich, Voorsitter Agri Boshof, Herman Naude (Batlotsuwa Marketing),Zander Coetzer (Agrinet), Heleen van der Merwe (Bestuurder Suidwes Boshoftak) en Deon Badenhorst (Mediabeampte Suidwes Landbou).
Leon la Grange, Michiel de Kock, Willie Weich en Harry Roberts is van die landbouers wat hul werkers gebring het en ook die geleentheid bygewoon het
Zander Coetzer demonstreer hoe die brandspuit werk
Heleen bedank vir Nic Zaayman
Harry Roberts en Piet Mooi met middagete
Alani
Janeke (Media Beampte van Vrystaat Landbou) en Susan Botes-Marais van