Boshof
Rooivleis Expo
Sammic
se slagveekarkaskompetisie steeds gewild en vleisprodusente vaar steeds baie
goed
Dit wil voorkom asof die kompetisie in die Samic
Nasionale Kampioenskappe elke jaar strawwer raak. In hierdie jaar se kompetisie (dis die inskrywings van
verlede jaar) het Boshof Rooivleis Expo sesde gekom uit 'n totaal van 72 skoue
dwarsoor die land en Michiel de Kock met sy kampioenlamkarkas wat 'n punt van
99.63 behaal het, het vyfde in die land gekom.
Hierdie jaar in die Boshofkompetisie het Glen
Voerkraal die kampioen enkelbeeskarkas (98.58), Broer de Waal die
reserwekampioen (97.73) en Glen Voerkraal ook die 3de (97.41) ingeskryf. Glen
Voerkraal se een groep van drie karkasse was ook aangewys as die kampioengroep
en 'n ander groep die reserwekampioen
terwyl 'n groep van Broer de Waal die derde plek behaal het.
Die punte was 95.71, 94,46 en 94.37 onderskeidelik.
In die lamkarkaskompetisie was Andre Malherbe van
Hertzogville met 97.21 eerste met JC Lotz wat die reserwe kampioen en die derde
plek behaal het met 96.18 en 95.25. JC
Lotz het die kampioengroep met 94.93 ingeskryf asook die tweede plek met 92.46,
terwyl Andre Malherbe derde met 92.38 was.
Ons het ongelukkig nie die uitslae op die hoef
beoordeel ontvang nie.
'n
Aantal deelnemers en ander belangstellendes en aspirant-boertjies wag hier vir
die uitslae van die Karkaskompetisie
Louwtjie en Louw Kruger by die Kampioen karkas en onder by die Kampioen Groep Beeskarkasse
![]() Johan Lotz by die Kampioen Groep lamkarkasse |
![]() Dirk Zandberg, Streekbestuurder van Sammic by die kampioen enkellamkarkas van André Malherbe van Hertzogville |
![]() |
Die span aan die stuur van die Slagveekompetisie:
Louwtjie Kruger, Danie de Kock, Ilze Groenewald, Tol du Toit, Boeta de Waal en Jacques Conradie. Voor staan Wessel Conradie wie se enkellam as kampioen op die hoef beoordeel, aangewys is. |