Da capo  Guesthouse Boshof

Jacobsstraat 51     Boshof

navrae/besprekings:  

Tel nommer +27604927051 of 0828099749

Email msdp@mweb.co.za

Liela du Plessis, het hierdie statige woonhuis met die naam Da Capo wat beteken "herhaal van die begin af" in Italiaanse musiekterme, onlangs van Niel en Alida de Wet wat Boland toe verhuis het, gekoop. Niel se oupa, destyds 'n prokureur in Kimberley, het gedurende 1946 die huis vir sy seun (Niel se pa) gekoop en die De Wets het hierheen verhuis omdat die twee seuns, Niel en sy broer, Junior daardie jaar hul skoolloopbaan in Rooidakskool begin het.   

Gedurende 1964 het Alida se pa die huis by Niel se ma gekoop en so het die huis nog alle jare in die familie gebly en Niel en Alida het in Januarie 2006 weer vanaf Jacobsdal verhuis en  hulle intrek in die huis kom neem. 

 

hierdie is 'n naamplaatjie wat aantoon dat die jakarandaboom voor die huis, 112 jaar oud is.

Alle kamers met en-suite badkamers.

Lugversorgers in sommige kamers

DSTV 30 kanale - Televisie in elke kamer, asook in eetsaal

Wi-Fi

Bied Ontbyt en aandete

Braaigeriewe beskikbaar

Konferensiegeriewe

Ons reël ook funksies

 

 

Terug