De Hoop Boerevereniging hou 'n grastydren
Die
Hoop Boerevereniging het op die 19de April hierdie jaar 'n grastydren gehou.
Dit klink vreemd, maar skynbaar is dit in hierdie wêreld niks vreemds
nie. Dit
behels ook 'n uitgewerkte roete en spanne van twee wat dit ry, maar elke span
kry dan 'n vraelys (oor verskeie grassoorte/plante).
Die uitslag word bepaal ten opsigte van die voltooiing van die
roete sowel as die antwoorde op die vraelys.
17
Spanne afkomstig van die onderskeie boereverenigings sowel as van Hertzogville
en Petrusburg het deelgeneem.
Die roete het by Grasbult begin en weer daar geëindig.
Die wenners was die span van Louis Swiegers van Suidwes (Wesmark) en
Lubbe Jacobs van Lubern Voere.
De
Hoop bedank die borge, Human Auto, Sasol Nitro, GWK Lewendehawe, Voermol
Molatek, Feedpro, Lubern Voere, Cipla Agrimed, Afrivet, Sandveld Staalwerke,
Wesmark (Suidwes) Boshof, Boshof Hotel en Leon Lotz, sonder wie die dag nie
moontlik sou wees nie.
Foto's: Handré Lubbe