Geslaagde
Inligtingsdag vir plaaswerkers en beginnerboere gehou
Plaaswerkers en beginnerboere van Boshof en omgewing het onlangs tydens 'n geslaagde inligtingsdag wat deur Agri Boshof aangebied is, waardevolle kennis opgedoen oor verskeie onderwerpe.
Tiekie
Combrink, voorsitter van Boshof-Wes boerevereniging en organiseerder meen omdat
plaaswerkers 'n belangrike rol in landbou speel, hulle bemagtig behoort te word.
Dié dag wat vir die afgelope agt jaar aangebied word, verskaf
waardevolle inligting aan werkers deur visuele aanbiedinge en praktiese
demonstrasies.
Dr
Hanré Bredenkamp van Afrivet was die hoofspreker en in haar aanbieding het sy
op tekens gewys waarna gekyk moet word wanneer 'n siek dier gediagnoseer word.
Sy het ook vertel wat gedoen kan word om die verskillende siektes te
voorkom, asook hoe die siektes behandel moet word.
Theuns
Botha van Boshof, internasionaal bekende beoordelaar en kleinvee
kursusinstrukteur het hulle passievol ingelig oor die voordele van 'n
boerbokboerdery en afgesluit deur te sê "moenie bang wees om met bokke te
boer nie – dis tradisie van ons mense om met bokke te boer."
Frans
van der Merwe van Sanra, Welkom het 'n
lewendige praatjie met demonstrasie oor alkohol en dwelmmisbruik gelewer.
Nic
Zaayman, ondervoorsitter van die RPO in die Vrystaat het 'n DVD van die RPO,
gids tot veehantering, vertoon en dit verder self toegelig.
Andrie
de Kock, voorsitter van Agri
Boshof, het met behulp van skyfies, die verskillende
indringerplante
wat in hierdie gebied voorkom, beskryf en verduidelik hoekom hulle uitgeroei
moet word.
Sarel Dippenaar (vise-voorsitter) en Tiekie Combrink (organiseerder) van Agri Boshof, Nic Zaayman (vise-voorsitter van die RPO in die Vrystaat) en Andrie de Kock (voorsitter Agri Boshof)
Sarel oorhandig die prys van 'n gelukstrekking aan een van die gaste
Fanie Lombaard, Dr Hanré Bredenkamp en Kallie van Romburgh van Afrivet
Mnr Frans van der Merwe van Sanra staan tussen Mevv Joët van der Walt en Jo-Anne Bartlett van die departement van gesondheid in Welkom
Mnr Pretorius en die koor van Hoërskool Boshof
Mariëtte, Marie, Isabel en Marlene het gesorg vir middagete