Henry Pellissier Volkspele-laer
Die Henry Pellissier volkspele-laer is in Mei 2013 te Boshof gestig. Hannelie de Freitas het haar hiervoor beywer en hierdie jaar se melodrama deur Elsabé Engelbrecht, waar volkspele ook 'n rol gekry het, het die wiele hiervoor aan die rol gesit en die nodige belangstelling aangewakker.
Die laer speel elke Dinsdagaand om 7 uur in die AP Kerksaal en alle belangstellendes is baie welkom om te kom saamspeel of net te kyk en te kuier.
Bestuurslede: Hannelie – 083 658 6633, Stan – 082 092 9507, Corlia – 073 300 7448, Vida – 082 566 1636.
Hierdie foto's in Saterdagoggend, 10 Augustus toe hierdie laer saam met die laer van Jacobsdal, 'n vertoning tydens die Rooidak reünie gegee het.
![]() |
||
Lede van Henry Pellissier-laer: Roné
Grove, Chanelle Smith, Elsabé Engelbrecht, Susara Steyl, Cecilia
Scheepers, Carl Smith, Hannelie de Freitas, Wiané en Juandré en op die
inlas, Stan Stander |
||
![]() |
||
Lede van die Jacobsdal-laer wat op 10 Augustus 2013 te Boshof gespeel het | ||
![]() |
||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Links is Mnr Mike
Jacobs, Nasionale voorsitter van die Afrikaanse Volksang en
Volkspele-beweging wat Saterdagoggend die gasspreker was. |