Inligtingsdag
'n
Baie
suksesvolle
inligtingsdag
wat deur
GWK, in
samewerking
met Agri
Boshof
aangebied
is en
gemik was
op lede se
plaaswerkers
en
beginnerboere
in die
distrik,
is op 14
Oktober in
die
skousaal
aangebied.
Mnr Edwin
Groeners
van GWK
het 'n
omvattende
program
vir die
dag gereël
en dit
moes
beslis
leersaam
vir die
kursusgangers
gewees
het.
Hulle is
eers deur
Mnr Dup
Haarhoff
oor GWK se
benadering
tot
opkomende
boere
ingelig
waarna Mnr
Theuns
Botha van
Boshof,
basiese
veeboerderybestuur
verduidelik
het.
Jan
Joubert
van SA
Feeds het
oor die
belangrikheid
van
voeding by
veeboerdery
gepraat en
Dr Charles
Gilfillan,
'n veearts
van
Afrivet,
oor die
voorkoming
en beheer
van
veesiektes.
Mnr
Lourens
Goosen van
Vrystaat
natuurbewaring
het
gepraat
oor die
beheer van
skadedoenende
diere.

Op
die foto
van links:
Mnre
Kallie van
Romburgh
(Afrivet),
Dup
Haarhof
(GWK),
Lourens
Goosen,
Jan
Joubert,
Dr Charles
Gilfillan
en Hennie
de Waal
(Onder-voorsitter
Agri
Boshof).



