Theuns Botha

Internasionaal in aanvraag

Theuns Botha van  Boshof, Internasionaal bekende beoordelaar en kleinvee kursusinstrukteur, gaan in April hierdie jaar die Australiese Nasionale Sydney Royal Boerbokskou  beoordeel.

Theuns is weer op die paneel van SA Boerbok Beoor-delaarseksamineerders gekies en gaan gedurende Mei  'n aantal Beoordelingskursusse in Australië aanbied en hul huidige Vlak 2 en 3 beoordelaars evalueer.  Hy gaan ook 'n maand afstaan vir trop-evaluering en diere seleksie in die state Nieu-Suid-Wallis, Queensland en Victoria.

Theuns word beskou as die mees ervare kleinvee beoordelaar en selekteerder in die wêreld omdat hy beoordelaar en selekteerder van sewe rasse is. Hy het, en  beoordeel gereeld in Suid Afrika, Amerika, Australie, Nieu Zeeland, Namibië, Botswana en Zimbabwe. Hy beoordeel, klas en evalueer elke jaar omtrent 13 000 stuks kleinvee.

In Augustus verlede jaar was Theuns in Australië om die Aus-traliese Nasionale Dorperskou in Dubbo te beoordeel, waarna hy 'n intensiewe toer deur Australië en New Zealand onderneem en 27 plase besoek het. Gedurende hierdie toer het hy 2447 Dorpers and Boerbokke geëvalueer en 457 Dorpers gekeur.  Paula was saam op hierdie uitmergelende toer van  ses weke, maar sy sê sy het dit nogtans geniet en gaan hom nou weer vergesel.

Up ]