Trap
fiets vir Plaasveiligheid
Leon
van Dijkhorst, sy vrou Sonja en sy broer, Johan is Maandagoggend, 30 Desember
2013 deur Heleen en Anel van Suidwes Landbou getrakteer op 'n laat ontbyt, vroeë
middagete en die gasheer was Andrie de Kock, Voorsitter, en ander lede van Agri
Boshof. Hulle
was met bergfietse op pad vanaf Soutpan na Kimberley. Sonja en nog iemand het
per motor gereis.
Die fietstog was die ideaal van Leon, sentrale streekbestuurder
van Voermol. Hy wou daardeur 'n bewustheid kweek van wat besig is om op ons
plase te gebeur.
Hy het besluit om iets te doen nadat 'n lid van die polisie by 'n
boere-unievergadering waar Leon teenwoordig was die verhaal vertel het en foto's
gewys het van 'n grusame plaasmoord.
Projek Suiderkruis wat deur Agri SA en Voermol ondersteun word,
het op 30 November 2013 op Oewer Vlakte noordwes van Messina in die Limpopo
provinsie afgeskop en het op 8 Januarie 2014 by Alexanderbaai aan die Weskus geëindig
nadat 4200 km regoor Suid-Afrika in die vorm van 'n kruis (noord na suid en toe
weer van oos na wes) afgelê is. Die eerste 2200 km was vanaf Messina, die mees
noordelike punt van die land om Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van die
land op 16 Desember te bereik.
Die tweede 2200 km was vanaf Kosibaai op 20 Desember na Alexanderbaai,
wat hulle op 8 Januarie 2014 bereik het.
![]() Andrie de Kock, Voorsitter, oorhandig Agri Boshof se bydrae aan Leon - Willem Botha (links) en Johan van Dijkhorst (regs) kyk toe |
![]() Van die gaste saam met Leon |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |