Volkspele is 100 jaar gelede vir die eerste
keer in Suid-Afrika gespeel en omdat dit die heel eerste keer op geordende wyse
op 28 Februarie 1914 op die pan op die plaas Vuisfontein, 'n paar kilometers
noord van Boshof, gespeel is, is dit die naweek van 28 Februarie tot 1 Maart op
Boshof herdenk.
Volkspelers van oor die land heen het Vrydag
opgedaag en die namiddag is uitgery, slegte pad ten spyt, Vuisfontein toe waar
aalwyne by die klipstapelmonument geplant en 'n volkspele-vertoning deur Van
Riebeecklaer van Bloemfontein gelewer is. Hulle het drie van die oorspronklike
spele wat Dr Pellissier die kinders geleer het en wat op daardie spesifieke
Saterdag oor-en-oor gespeel is, gespeel.
![]() |
![]() |
Neef Mike Jacobs en Neef Hansie le Roux plant aalwyne by die monument |
|
![]() |
![]() |
Hierbo is Neef Hansie en Neef Mike se hande "in" die sement en regs "vol" sement |
Wat 'n skouspel was dit nie toe honderd fakkeldraers die aand brandende fakkels deur die
hoofstraat (Jacobsstraat) van Boshof gedra het - een-helfte vanuit die
noordekant en die ander helfte vanuit die suidekant van die dorp. Die helder
klanke van volkspeleliedjies kon wie weet waar gehoor word.
By die afdraai na Kerkstraat het die twee groepe mekaar ontmoet en saam
na die NG Kerk gestap, waar hulle 'n verligte kring gevorm het rondom die gaste
wat stelling ingeneem het voor die borsbeeld van Dr Samuel Henri Pellissier, vir
die opening van die fees deur Ds Lindo Pieters.
Mnr Louw Jacobs, Vrystaatse voorsitter van die beweging het die
Feesfakkel aangesteek en groeteboodskappe van individue en organisasies
oorgedra. Ons haal graag hier aan uit een van die aangrypende boodskappe:
"gebruik
julle tyd in ons mooi beweging om te lag, dis die lied van die siel;
gebruik
julle tyd om te speel, dis die bron van jeugdigheid;
gebruik
julle tyd om vriendelik te wees, dis die pad na geluk;
gebruik
julle tyd om te werk, dis die prys van sukses;
gebruik
julle tyd om te bid, dis die grootste krag op aarde.
Môre is die toekoms. Die spelers van die verlede het ons beweging gebring tot waar ons vandag is, die spelers van die hede moet uit onvermoeide ywer ons beweging uitbou; die spore wat reeds getrap is, voorttrap. Dit is ons wens dat daar vir baie dekades steeds volkspelers sal wees wat sal spring, speel en strewe".
Hierna het Louw en sy vrou, Hanna 'n gedenkplaat onthul en Prof Andries Raath, Beskermheer van die Nasionale Volkspele en Volksangbeweging het die feesrede gelewer waarin hy hulde gebring het aan Dr Pellissier, die vader van volkspele.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Na aandete wat op die skougronde genuttig
is, het die gaste hul plekke op die pawiljoen ingeneem vir 'n tablo van die
geskiedenis van volkspele, waar die ontstaan van volkspele 100 jaar gelede hier
op Boshof deur volkspelers uitgebeeld is. Algaande is eers die syfer een en
daarna die een nul en toe die ander nul met fakkels verlig. Die woord "Volkspele" wat aan die sykant van 'n sleepwa
gemonteer was, is aan die brand gesteek om 'n pragtige verligte "Volkspele
100" uit te beeld.
100 Chinese lanterns is daarna die lug
ingestuur - pragtige gesig!
![]() |
![]() |
![]() 100 Chinese lanterns is die lug ingestuur - pragtige gesig! |
![]() |
Saterdag is deurlopend verskillende outydse
danse, asook volkspele in die skousaal gespeel en in die namiddag was daar
boeresport en die aand 'n groot saamtrek in die skoolsaal, waar daar nie plek
vir die spreekwoordelike muis was nie.
Sondagoggend het heelwat van die Volkspelers die erediens in die NG Kerk bygewoon en kon so ook die pragtige orreluitvoering ter viering van die orrel se 100ste bestaansjaar geniet.
Waar ons name kon uitvind by die volgende foto's, sit ons dit by, maar het ongelukkig nie almal se name gekry nie. (laat weet ons as u wil - ons kan dit bysit of as daar 'n fout is, kan ons regmaak)
Baie dankie aan Gerda Gutter en Elsabé du Preez vir foto's en inligting
![]() San en Jannie van Heerden van Vaalrivierlaer Vanderbijlpark en Piet du Preez van Protealaer Welkoms tydens middagete |
![]() Gerda en Piet Gutter van Vleilaer Verkeerdevlei by die borsbeeld van Dr Pellissier |
![]() Ollie en Leana Olivier, Hilde Oliver en Elsabe en Piet du Preez. Hilde is van Van Riebeecklaer en die ander van Protealaer |
![]() Gert van Wyk van Junior Laer Bloemhof en Joanette du Preez van Protealaer Welkom |
![]() Hannelie de Freitas, Stan Stander en Cecilia Scheepers van Henri Pellissierlaer Boshof |
![]() Mike en Doretha Jacobs by hul gasvrouens, Wiekie (Jnr) en Wiekie van Schalkwyk |
![]() |
![]() |
![]() Ernest Brooks van Boshof gesels met 'n groepie van Bethlehem |
![]() Die Besters: Fina, Cecilia Scheepers, Alta Potgieter en Hannelie de Freitas |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() Hy klap sweep. Hulle klap deesdae met moderne "nylon" swepe, maar dit klink soos die ware Jacob! |
![]() Beesvel ry |
![]() |
![]() |
![]() Hulle hou die beesvelryery dop. Die ambulansdame staan gereed! |
![]() Neef Mike wys en lig die publiek in omtrent die tradisionele volksdrag waarin volkspele gespeeel word |
![]() Niggie Ralie
Potgieter het seker die verste gereis om die Volkspelefees op Boshof by te
woon. Sy kom uit Gobabis in Namibië. Het darem familie hier by wie
sy kuier. Hierdie 82-jarige "niggie" het 'n groot passie
vir volkspele. Sy speel dit vandat sy kan onthou. Sy was
in 1962 op 'n oorsese Volkspeletoer vir drie maande met 'n drie-maande oue
baba. Sy het tot 1974 volkspele in Kimberley gespeel, maar sy sê sy het
steeds in die gees 'n volkspeler gebly.
Weens haar liefde vir volkspele het sy onder andere hierdie
volkstradisie by twee skole in Mariental geïnisieer. |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() Hulle het ook fakkels gedra. Van links, voor: CJ Baird, Danél Bartleman, Liche van Zyl en agter: JJ van Vuuren, Helené Baird en Hanco Grové |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |