Agri
Boshof het op die 10de April 'n gesamentlik byeenkoms in die Rolbalklubsaal op
Boshof gehou en wat 'n pragtige gesig om soveel boere te sien wat bymekaarkom om
landbou- en ander sake wat hulle raak te bespreek!
Tot dusver het Agri Boshof bestuur wat bestaan uit die voorsitter en
sekretaris van die onderskeie boereverenigings, asook ander rolspelers soos die
voorsitters van die Brandbeskermingsvereniging en die Veiligheidskomitee, asook
verteenwoordigers van Landboubesighede een keer elke twee maande vergader om
huishoudelike sake te bespreek. Na
hierdie vergaderings het die onderskeie boereverenigings afsonderlik vergader
vir hul huishoudelike sake en om tersaaklike inligting aan hulle lede oor te
dra.
Boshof
Distriksboere-unie, is in 1925 deur die onderskeie boereverenigings in die
distrik gestig en het aanvanklik bekend gestaan as "Die Boshof Boere
Vereniging." (in 1933 het die unie bestaan uit 20 boereverenigings, maar
dit het mettertyd afgeskaal sodat daar tans slegs ses aktiewe boereverenigings
is). Die naam is in 2004 na "Agri Boshof" verander. Sy lede is
lede van Vrystaat Landbou wat sitting het op Agri Suid-Afrika se algemene Raad
waar sake van gemeenskaplike belang op 'n nasionale grondslag hanteer word
en alle lede is dus lid van 'n breër landbou-organisasie in Suid-Afrika, wat
ten doel het om namens hul lede die volhoubare winsgewendheid en stabiliteit van
kommersiële landbouprodusente en -besighede te bevorder deur hul betrokkenheid
en insette op nasionale en internasionale vlak.
Tydens 'n
bestuursvergadering gedurende Februarie hierdie jaar, is besluit om as 'n
proeflopie die struktuur van die unie te verander deurdat die onderskeie
boereverenigings byeenkomste vir alle lede van die unie reël en kundiges op
landbougebied kry om lede in te lig oor hul produk/diens. Hierdie was dus
die eerste van vier sulke geleenthede wat vir die jaar in die vooruitsig gestel
word en is deur Mahemsfontein boerevereniging aangebied.
Benewens 'n paar huishoudelike sake wat aandag moes geniet en wat deur Andrie de Kock, voorsitter van Agri Boshof behandel is, het sprekers van Bloemfontein Abattoir, Lubern en Zoetis inligting oor hul onderskeie dienste en produkte verskaf.
Na die vergadering is vleis gebraai, heerlik geëet en gesellig gekuier tot laat die aand. Braaipakke is deur Bloemfontein Abattoir verskaf en die vrouens van Mahemsfontein boerevereniging het vir die res gesorg![]() |
![]() |
![]() |
Links is voor, van links, Riëtte Pope, Marlene Combrink, Ronel van Biljon, Heleen van der Merwe, bestuurder van die plaaslike tak van Suidwes, agter: Anita Roberts, Alida la Grange, Hetta Botes en Marita du Plessis |
Marita Louw, Rina de Swardt, Susan Steenkamp, Stella Jacobs en Reneè van Rensburg |
![]() |
Gert Scheepers en Johannes van Rooyen |
Leon la Grange en Gert Scheepers |
Karien met klein Lismé en Johan Pretorius |
Hernus le Roux van Zoetis. Hernus se dogtertjie, Arina en vrou Anerie is saam met hom |
Rina en Giel de Swardt |
Estelle Weich, Johan Pretorius en Mariëtte Saaiman wat alles gereël het |
Lauwrika en Dr Kobus van Niekerk en Willem van Niekerk |