Geskiedenis van en besienswaardighede en ontspanningsgeenthede op Boshof
Boshof is geleë in die Munisipale distrik van Lejweleputswa en huisves die administrasiekantore van die Tokologo plaaslike munisipaliteit.
Dit is geleë op die R64 provinsiale pad, 120 km wes van Bloemfontein oor Dealesville en 55 km oos van Kimberley.
Hierdie tipiese Vrystaatse plattelandse dorpie in in 1865 aangelê en gestig deur Dr Andrew Murray op die plaas Van Wyksvlei. Hierdie plaas is in 1839 gekoop deur 'n trekboer, D S Fourie van 'n Griekwa, Dawid Danster. In 1855 is dit weer verkoop aan die kerk en aangesien President J N Boshoff ingewillig het om as peetvader van hierdie nuwe dorp op te tree, word dit na hom vernoem (BOSHOF).
Volkspele, die tradisionele dans van 'n sekere deel van die bevolking, het sy oorsprong in Boshof. Op 28 Februarie 1914 tydens 'n Sondagskoolpiekniek op die plaas Vuisfontein, is dit vir die eerste keer uitgevoer. Dit was die verwesenliking van 'n ideaal van Mnr S H Pellissier, destydse onderhoof van Rooidak Skool. Verskeie monumente vir Volkspele bestaan nog op Boshof en in die omgewing. (die eeufeesviering was die naweek van 28 Februarie - 1 Maart 2014 op Boshof)
Boshof is 'n boerderygemeenskap waarvan die belangrikste skaap, bees- en wildboerdery is, en kyk ons na die uitslae van die Nasionale Karkaskompetisie oor die afgelope paar jaar, is dit duidelik dat van die land se beste rooivleis in die Boshofomgewing geproduseer word. Groot stoettelers word in die omgewing aangetref.
AVONTUUR EN SPORT
Ovaalbaan; quad fietsry; rolbal; gholf; jag (sien Jag en Gasteplase); hiking and horseriding, etc, see Gasteplase; Perde uithouritte (vir Arabierperde, sien Perde

Rotstekeninge: Verskeie voorbeelde van San rotskuns kan op die plase Rondefontein en Merriesfontein gesien word
Fauna en Flora
Boshof Nature Reserve: Die munisipale natuurreservaat (wildkamp) huisves 'n verskeidenheid wild soos springbok, blesbok, gemsbok, eland, volstruis, hartebees, ens.
Montague private natuurreservaat 30 kilometers vanaf Boshof en 30 kilometers vanaf Kimberley;
Wiets Safaris, 'n private natuurreservaat van 5500 hektaar huisves 28 spesies wild wat wit leeus insluit.
Geskiedenis en argitektuur, ens.
Die ou kruithuis naby die begraafplaas.


|
||
|
Volkspele monument (klipstapel), 3 km vanaf Boshof op die pad na Christiana, op die plaas Vuisfontein waar volkspele vir die eerste keer op geordende wyse in Suid-Afrika gespeel is |
Die monument (klipstapel) ook naby die Vuisfonteinpan waar tradisionele volkspeledrag vir die eerste keer deur volkspelers gedra is
|
![]() Die gedenksteen by Hoërskool Boshof waarna in die voorafgaande twee stene verwys word. |

'n Monument (klipstapel) langs die Christianapad op pad na Vuisfontein wat opgerig is in Februarie 1994 toe die 80ste bestaansjaar van volkspele hier gevier is.
Boshof se kalkklip-ommuurde begraafplaas waar die grafte van gesneuweldes van die Anglo Boereoorlog gesien kan word, o.a dié van Asst Hoof-Kommandant CCJ Badenhorst, die bevelvoerder van die NW OVS-boeremagte, dié van Gen Comte de Villebois-Mareuil (wat later herbegrawe is), van Sersant Patrick Campbell, vervreemde eggenoot van die befaamde aktrise en minnares van George Bernard Shaw. Daar is ook talle gedenktekens van Engelse soldate. Die graf van Wyle Charles Gerhardus Marais, ouer broer van Eugene Marais, kan ook gesien word.
Die grafte en gedenktekens van gesneuwelde Engelse soldate van die Anglo Boereoorlog word versorg deur die Commonwealth War Graves Commission wat in London gesetel is.

Een van die huise in Boshof wat al ouer as 150 jaar oud is. Dit is geleë te Jacobsstraat Boshof en is op 6 Maart 1857 deur die tydelike kerkraad van die gemeente van Boshof, vroeër Van Wyks Vallei aan ene Johannes Jacobus Jacobs oorgedra.

|
||
Die NG kerk gebou in 1874, vergroot in 1913 en in 1954 opgeknap. |
1874 - 1915
1913 - 1954 |
![]() Borsbeeld van Generaal Gideon F Joubert op die kerkperseel
|
Gedenkteken vir die boere van die omgewing wat in die Anglo Boere-oorlog gesneuwel het |
![]() Borsbeeld van dr S H Pellissier, die vader van Volkspele |
Die Norman & Beard orrel in die NG Kerk is in 1913 geïnstalleer en die inwydingsuitvoering is deur Prof PK de Villiers op 2 May 1914 gelewer. |
