Oud-Rooidakkers Matriekklas van 1964 hou weer reünie (2012)
Wynand Theron
Die
1964-Matriekklas van die destydse Rooidakskool het die naweek van 20 - 22
April reünie gehou by Emoya Landgoed buite Bloemfontein. Van Vrydagmiddag af is
daar heerlik gekuier en die potjiekos en braaivleis wat die aand
voorgesit is, het voortreflik gesmaak. Die vorige reünie was in 2007 op Boshof
en dit was asof almal sommer net weer begin saamkuier het daar waar hulle
5 jaar gelede opgehou het.
Na 'n
laat-ontbyt, is die res van Saterdag gesellig op die landgoed
deurgebring en is daar heerlik oor vervloë dae gesels - daardie dae toe ons nog
fiks was en ons oë nog geblink het!! Natuurlik is daar ook baie gespog met
onlangse foto's van kinders en kleinkinders - baie kan in meer as 4 dekades
gebeur!!
Saterdagaand
was die hoogtepunt van die naweek en 18 van die 29 matriek-maats van 1964 was
teenwoordig (3 is reeds oorlede). Die twee juffrouens wat in 1953 en 1954 vir 10
van die klasmaats in Sub A en Sub B skoolgehou het, was ook teenwoordig en was
die eregaste vir die aand. Behalwe vir die saamkuier en heerlike ete wat deur
Emoya voorgesit is, is die aand verder opgehelder deur klasmaats wat vertel het
van kwajong-streke wat hulle tydens skooldae aangevang het. Later het almal
nadergeskuif vir 'n vertoning wat saamgestel is uit foto's van die klas se
skooldae - dit het die gedagtes op ver paaie laat terugdwaal het en van
die minder "amptelike" foto's het die kykers lekker laat skaterlag.
Na 'n
verfrissende ontbyt en 'n laaste saamwees Sondagoggend, is daar tot siens
gesê, maar gelukkig met die vooruitsig van 'n weersiens oor slegs 3 jaar
- in 2015 wanneer die klas die herdenking van 50 jaar uit die skool
sal vier!! Daardie heuglike gebeurtenis sal op Boshof gevier word.
Ut Prosim tot dan!!

Agter : John Hartslief, Koos du Plessis, Ben van Rensburg,
Willem Pienaar, Le Roux Botha, Leon Lotter, Johan Jacobs, Wynie Theron
Middel: Marie van Vuuren(Jacobs), Christa Pienaar (Theron) Elize Jacobs (de
Villiers) Erna Teubes(Erasmus) Helena Coetzee(du Toit), Hannatjie Wiesner(Weich)
Voor: Magda Hartslief (van der Merwe) Marlinda van den Berg (Böning) Martie
Dippenaar (Sub A-onderwyseres), Susan du Plessis(Sub B-onderwyseres) Marina de
Vries(du Plessis), Sanette Badenhorst)
Lekker ontspanne langs die dam by Emoya-landgoed. |
Marie van Vuuren (Jacobs) lees opstelle voor uit die
Jaarblad van 1964. |
Christa Pienaar (Theron) saam met haar twee
kindertuin-onderwyseresse van |
Maats van 1964 gesellig om die vuur. |
Marina de Vries (du Plessis), Helena Coetzee (du Toit) en Marlinda van den Berg (Böning) aan die ontbyttafel. |
Ben van Rensburg, Wynie Theron en Willem Pienaar gesels heerlik oor die skooldae van 1964. |
Riaan en Marie van Vuuren aan die ontbyttafel saam met Paul Jacobs. |
![]() Die makhukhu's by Emoya Landgoed waar die reünie-gangers oorgeslaap het |
