Toy Ungerer - Oud-Rooidakker bereik groot hoogtes
Toy
Ungerer (Aletta du Plooy) wat in 1963 in Rooidakskool gematrikuleer het, en wat
op ouderdom 59 weer na jare aan atletiek begin deelneem het, het in Julie
vanjaar in Sacramento, Kalifornië aan die Wêreld Meesters Atletiekbyeenkoms
deelgeneem in die 100, 200, en 400m naellope en verspring, waar sy twee brons,
twee silwer medaljes, en nuwe SA rekords in die verspring en 400m behaal het.
Rooidak
Skool kan voorwaar trots wees op hierdie oudleerling. Sy het nie net die
Sportvrou van die Jaar 2010 toekenning van meesters Atletiek in die SWD ontvang
nie, maar ook die Suid-Afrikaanse titel.
Sy het reeds twee keer SA Kleure ontvang in die ses jaar wat sy aan
meestersatletiek deelneem en kry binnekort vir die derde keer SA kleure. Het
talle SA en SWD rekords agter haar naam, en meer goue medaljes as waarvoor sy bêreplek
het.
Sy is tans
Voorsitter van Meesters SWD, rig skoolkinders van alle rasse af terwyl sy saam
met hulle oefen, doen ook motiveringspraatjies oor die ''kopskuif'' wat gelei
het tot haar suksesvolle loopbaan.
Toy is op 15 November 1945 in Kimberley gebore. Sy is van geboorte af Toy genoem, maar omdat familiename tradisie was, is sy, op aandring van haar pa, Aletta du Plooy gedoop. Sy sê die enigste kere wat sy hierdie naam gehoor het, was as haar ma na haar geroep het en sy gemaak het asof sy nie hoor nie.
Haar eerste
skooljare was in Kimberley by West End Primary School. Atletiek en
gimnastiek was toe reeds 'n groot liefde, soveel so dat sy nog onthou hoe
ernstig siek sy geword het nadat sy eenkeer in die bed was met masels en
opgestaan het om aan 'n byeenkoms te gaan deelneem.
Aan die einde
van graad 5 (Std 3) het haar pa tussen Kimberley en Boshof begin boer. Hy het
gehoor van hierdie uitstekende afrigter, Mnr Ivor Potgieter, op Boshof en het
haar by Rooidak ingeskryf. Sy sê
sy het tot vandag toe nog, hierdie uitstekende wegspring uit die blokke wat hy
haar geleer het. Sy onthou nou nog hoe hy sy sakdoek op die grond neergesit het,
presies waar haar eerste tree moes wees en hoe hy, oor en oor gedemonstreer het
hoe jy daardie eerste tree moes: KAP!
Sy
onthou die sewe wonderlike jare van haar lewe wat sy op Boshof deurgebring het. UT
PROSIM – DAT EK TOT NUT MAG WEES
die skool se leuse sal haar altyd bybly.
Hier was
atletiek en netbal haar voorliefde en haar pa haar grootste ondersteuner omdat
hy self 'n kranige atleet was.
Hy het oral met haar gery waar sy moes deelneem.
Na skool is
sy Oudtshoorn Onderwys Kollege toe, waar sy netbal gespeel het, maar geen
atletiek nie omdat sy gewoond was om op 'n asbaan te hardloop en daar net 'n
grasbaan (die rugbyveld) was. Die
kollege was nie ingestel op atletiek nie.
Dis ook hier
waar sy haar man, Nico ontmoet het, getroud is en uit hul huwelik is 'n dogter
en 'n seun gebore. Sy het tot op ouderdom 37 geen sport gedoen nie en toe die
kinders begin groter word, het sy begin tennis speel.
Hulle is nou
43 jaar getroud en hul twee kinders is 41 en 34
jaar oud. Die oudste, hul dogter, het twee pragtige kinders, 'n dogter
van 17 en 'n seun van 14. Hul
seun is onlangs eers getroud en het nog nie kinders nie.
Nico, is die Ford en Mazda Handelaar op Oudtshoorn en geniet elke oomblik van sy dag om nog te werk, want motors is sy passie. Hy leef sy droom, want vandat hy sy verstand gekry het, het hy gedroom/gespeel om in die Motorbedryf sake te doen, sê sy.
Toy, die atleet
Toy en Nico Ungerer

Toy en Nico saam met hul skoonseun, Callie Human en dogter, Adri en kleinkinders, Juan en Lee Ann
Hul seun en skoondogter, Nico en Elke

Kleindogter, Lee Ann (in aksie)

In 'n uitsending van Kopskuif onlangs op RSG is 'n onderhoud met haar uitgesaai en ons was gelukkig om 'n transkripsie daarvan te kry. Lees hier van Toy se kopskuif:
Kopskuif Onderhoud met
Toy Ungerer
1.
Wat het jou gemotiveer om weer met atletiek te begin na 42 jaar wat jy
nie gehardloop het nie?
Ek
het tennis gespeel en soms vinnig op 'n bal afgepyl, dan het van my tennismaats
altyd gevra hoekom ek nie begin met atletiek nie. So het kosbare jare verlore gegaan, want ek het nie geweet
daar bestaan so iets soos Meesters Atletiek nie.
Op een wonderlike dag, amper sewe jaar
gelede, op ouderdom 59, 42 jaar nadat ek skool verlaat het, sien ek 'n
advertensie van 'n byeenkoms op Oudtshoorn en hul soek baanbeamptes. Ek skakel
toe die kontakpersoon (Frans Kalp), maar hy oorreed my toe om liewers te kom
hardloop. So sluit ek toe by Meesters aan en skryf myself in vir die 100m – al
waarvoor ek kans gesien het.
Oefen so 'n bietjie voor ons huis in die
straat saans as dit donker is, wou tog nie gesien wees nie.
Die groot dag breek toe aan, gewapen met
duur tekkies, hittegrade 40 grade plus waag ek toe my lewe.
Voor die skoot klap, moes ek op aanbeveling van almal maar die tekkies
uitskop, want op tartan werk dit glo nie – dit klou – sou seker vassit in
die hitte van daardie dag. Nodeloos om te sê: my tone was vol blase. Hierdie keer was dit lekker blase gewees! Die
begin van ses plus wonderlike jare van my lewe!
Vandag is dit vir my 'n groot voorreg om
vir u te vertel van Meesters Atletiek.
2.
Hoekom noem jy hierdie : wonderlike jare van jou lewe?
Ek
het skatryk geword in hierdie tyd. Nie geld nie, maar ervarings. Ek geniet elke
oomblik hiervan – tot om moeg te wees van oefen is vir my lekker.
Dit het vir my 'n sterk gesonde liggaam gegee.
Dit het my van binne ook sterk gemaak. Ek is 'n baie dankbare mens,
dankbaar vir my gesondheid en vir al my seëninge. Mense sê altyd dis Genade
dat ek so kan hardloop, maar vir my gaan dit nog verder as Genade – dis vir my
Seëninge! So 'n bederfie!
My deursettingsvermoë en dissipline het
verdubbel. Ek het wonderlike nuwe vriende en kennisse oor die hele land en wêreld
bygekry. Tot my man wat niks in sport belang stel nie – stel intens belang in
my atletiek. Hy neem my orals waar ek moet hardloop, hy’s die eerste een wat
weet wat my tyd is as ek klaar gehardloop het, wat vorms moet voltooi en laat
teken, as dit 'n SA rekord is, en is my finansier.
3.
Het jy reg van die begin af so goed gevaar ?
Ek
moes baie oefen om te kom waar ek vandag is.
Daardie eerste dag het ek tweede gekom in die 100m. Ek was so ver agter
die eerste dame, my man het hom dood gesukkel om ons twee saam op een foto te
kry. En vandag kan ek vir jou met GROOT DANKBAARHEID in my hart sê : ek wen
haar nou.
4.
Stel jy vir jouself enige doelwitte?
Ek stel vir myself gedurig nuwe
doelwitte. As jy nie doelwitte het nie, kan jy net sowel ophou met oefen. En die
lewe is tog EEN GROOT DOELWIT! Toe
ek die 100m baasraak, was dit die 200m, toe die 400m en die nuutste was die
verspring. Die 100m en 200m gaan saam as 'n paartjie. Die 400m het ek begin doen
vir stamina vir die 200m.
So sien ek op die internet dat ek
plyometrics moet doen – horisontaal en vertikaal spring. Dis nou vir plofkrag.
Dink toe – ag, ek kan mos nou net sowel verspring! So 'n paar keer geoefen
voor 'n SA Kampioenskappe en met 3de sprong breek ek die SA Rekord wat sedert
1985 gestaan het.
My nuutste doelwitte : Ek werk baie hard
daaraan! Ek wil BAIE GRAAG die 200m rekord in SA breek.
Ek is al die SA rekordhouer van 100m, 400m en verspring in hierdie
ouderdomsgroep 65+.
In die 60+ ouderdomsgroep was ek die SA
Rekordhouer van 100m en verspring.
5.
In watter ouderdomsgroepe neem jul deel?
Elke vyf jaar gaan jy oor na die volgende
ouderdomsgroep. Dit begin by 30 dan 35 ens. Jy neem ook deel in ouderdomsgroepe
van vyf jaar.
6.
Hoekom sê jy : aan die begin van 'n nuwe ouderdomsgroep is jou kanse die
beste?
Jy is veronderstel om stadiger te
hardloop as jy ouer word, elke jaar tel. Soos byvoorbeeld iemand van 30 se kanse
is net beter as een van 34 om te wen.
7.
Hardloop jy ook al stadiger?
Met
wonderlike Seëninge van Bo, gaan dit met my al beter en beter.
§
Ek het in drie jaar se tyd die 100m SA Rekord, vandat ek dit
gebreek het sewe keer verbeter in die Ouderdomsgroep 60+.
§
Die verspringrekord in die ouderdomsgroep 60+ het ek gebreek en 3
keer verbeter.
§
In 2007 het ek in Italië aan die Wêreld Kampioenskappe gaan
deelneem, myself voorgeneem om in die finaal te eindig (toe nog net 100m en
200m), wat ek toe ook gedoen het – 6de plek en ons was 42 atlete.
§
Nou met die afgelope Wêreld Kampioenskappe het ek teruggekom met
vier medaljes (een in elke item) – 2 Brons en 2 Silwer.
§
Ek het in die 400m semi-finaal die aand agt uur die SA Rekord
gebreek met een sekonde beter en die volgende oggend 8 uur weer amper een
sekonde beter as die vorige aand (amper twee sekondes in totaal)
Ek spot altyd en sê ek wil die
statistieke herskryf. Ek wil nog
vinniger hardloop en ek kry dit reg ook.
Jy gaan my seker vra, hoe kry ek dit reg? Ek moet dit in Engels stel: I don’t practice
harder, but smarter! My kop
werk ook net so hard hieraan. Iemand
het al hierdie stelling gemaak: Ek is 'n ou model motor met min kilometres op
– so ek is uitgespaar. Dis glo hoekom dit so goed gaan met my.
Ek het net na twee jaar as Meesteratleet
my i) SA Kleure toekenning
ontvang en alweer daarna 'n ii)
her-toekenning ('n balkie wat onderaan ons wapen kom).
Volgende jaar met ons SA Kampioenskappe ontvang ek weer iii) 'n
her-toekenning (nog 'n balkie).
Wat presies is die boodskap wat jy vandag aan almal wil oordra?
Hierdie jaar by ons SA Kampioenskappe het ek die
toekenning ontvang van Meesters Suid Afrika se Sportvrou van die jaar 2010.
Ek het geen afrigter nie en meeste van die tyd oefen ek alleen. Ek doen
internet navorsing en belê in wonderlike boeke om te weet hoe om te oefen.
Waarmee wil jy hierdie
gesprek afsluit?


Nico en Toy Ungerer op hulle bootreis
Hieronder is Lee-Ann (in Nutcracker)
