2011 : Boshof Rooivleis Expo en Boshof Skou

Hoë standaarde in slagvee-kompetisie gehandhaaf

Toe Danie de Kock die wenners in die Beeste-afdeling van die slagveekompetisie van Boshof Rooivleis Expo bekend gemaak het, het hy alle vertoners van beeste geluk gewens met die hoë kwaliteit diere wat ingeskryf is. Hy het daarop gewys dat Boshof Rooivleis Expo verlede jaar die sesde plek in die land behaal het vir groepkarkasse ingeskryf en dit is 'n bewys van die hoë standaard wat hier gehandhaaf word.

Hierdie jaar (op die hoef beoordeel),  het Andrie de Kock die kampioen os ingeskryf en die reserwe kampioen is deur Kruger voerkraal ingeskryf.  Die kampioen groep sowel as die reserwe kampioen groep het aan Kruger voerkraal behoort.

In die enkel beeskarkaskompetisie was Broer de Waal die wenner van die eerste, tweede en derde plekke met punte van 99.34, 98,53 en 98,39 onderskeidelik. Broer het ook die kampioen groep beeskarkasse ingeskryf met 96.40. Die reserwe kampioen groep het behoort aan Kruger voerkraal met 95.72 en die derde groep aan A Servas met 94.87.

In die slaglamkompetisie, op die hoef beoordeel, het Johan Lotz die kampioen ingeskryf, PW Smit die reserwe kampioen en Johan Lotz het ook die derde plek behaal.  Die kampioen groep het aan Johan Lotz behoort, die reserwe kampioen groep aan PW Smit en die derde groep ook aan Johan Lotz.

In die lam-karkaskompetisie het die kampioen enkelkarkas (98.73) aan Johan Lotz, die reserwe kampioen (98.48) aan Johan Steyn en die derde (98.25) ook aan Johan Lotz behoort. Die kampioen groep karkasse (96.11) is deur Johan Steyn ingeskryf, die reserwe kampioen (95.54) deur Johan Lotz en Willie Steenkamp se groep (93.63) was derde. 

Dirk Zandberg van Samic (beoordelaar) en Broer en Jan de Waal by die Kampioen Groep beeskarkasse en die Kampioen karkas

Louw, Louwtjie en Frikkie Kruger van Kruger Voerkraal

Johan en Ben Steyn by die Kampioen Groep lamkarkasse

Johan Lotz by sy kampioen lamkarkas

Dirk Kriel (Boshof Abattoir), Dirk Zandberg van Samic (beoordelaar), Ilze Groenewald (Boshof Abattoir) en sameroepers, Boeta de Waal, Danie de Kock en Jacques Conradie en Tol du Toit (voorsitter Boshof Skou)

Gaste by skou ontbyt

Gaste by Damestee met skou

Witdorperkampioene

Boshof Tuisblad