-'n Ryke Geskiedenis-

Boshof is geleë op die R64 provinsiale pad, 120 km wes van Bloemfontein oor Dealesville en 55 km oos van Kimberley.

In 1856 is die dorp aangelê en gestig deur Dr Andrew Murray op die plaas Van Wyksvlei. Hierdie plaas is in 1839 gekoop deur 'n trekboer, D S Fourie van 'n Griekwa, Dawid Danster. In 1855 is dit weer verkoop aan die kerk en aangesien President J N Boshoff ingewillig het om as peetvader van hierdie nuwe dorp op te tree, word dit na hom vernoem.

Volkspele, die tradisionele dans van 'n sekere deel van die bevolking, het sy oorsprong in Boshof.

Op 28 Februarie 1914 tydens 'n Sondagskoolpiekniek op die plaas Vuisfontein, is dit vir die eerste keer uitgevoer. Dit was die verwesenliking van 'n ideaal van Mnr S H Pellissier, destydse onderhoof van Rooidak Skool.

Verskeie monumente vir Volkspele bestaan nog op Boshof en in die omgewing.

Boshof is 'n boerderygemeenskap waarvan die belangrikste skaap, bees- en wildboerdery is, en kyk ons na die uitslae van die Nasionale Karkaskompetisie oor die afgelope paar jaar, is dit duidelik dat van die land se beste rooivleis in die Boshofomgewing geproduseer word.

Groot stoettelers word in die omgewing aangetref.

Besienswaardighede

Een van die huise in Boshof wat al ouer as 150 jaar kan wees.  Dit is geleë te Jacobsstraat Boshof en is op  6 Maart 1857 deur die tydelike kerkraad van die gemeente van Boshof, vroeër Van Wyks Vallei aan ene Johannes Jacobus Jacobs oorgedra.

Home ]